A LETTER FROM DANELLE

Danelle het coaching/mentoringsessies gedoen by Anida de Villiers. Sy is n bestuurder/wynmaker by Van Loveren se fabriek op Bonnievale. Hier volg haar terugvoering.

Anida se Bestuursopleiding sessies het vir my op vele gebiede baie beteken. Nie net het ons die praktiese opleiding sessies ten opsigte van bestuur voltooi nie, maar ek het ook ‘n tipe “life coaching” by haar ervaar met Christelilke beginsels, wat sy ingepas het by my sessies. Ek het meer vrae en  bekommernisse gehad as bv Riehan, die dat ons sessies vir langer aangehou het as syne. Ek was eintlik jammer toe ons ophou, en het besef hoe waardevol Anida se teenwoordigheid vir my was.

Ons het baie sake bespreek, en daar het baie belangrike besluite hieruit gevloei, wat ek vantevore nie geweet het om op te los nie. Ook dinge wat ek oor myself nie besef het nie, asook die mense om my en my werksomgewing/ omstadighede. Een voorbeeld wat vir my uitstaan wat ek graag wil noem, is dat ons oor vrees gepraat, nog lank voor die virus by ons was, en toe dit ons tref, het ek geweet hoe om dit te hanteer in die werksituasie.

Ek beveel Anida Training ten sterkste aan veral vir iemand wat kort op die gebied van selfvertroue.

Ek het uitgesien na ons sessies, en dit het nooit vir my soos “skool” gevoel nie.

Groete
Danelle