Fortune neem deel aan ons mentorskapprogram

Fortune werk by Boldie & Sons in die Langkloof naby Misgund. Hy is assistent produksie bestuurder in die vrugte afdeling. Hy is ’n Zimbabwiër.

Die grootste verrassing is dat Fortune klere maak naweke. Hy kan klere maak vanaf ’n prentjie. Hy sê hy het naaldwerk gehad op skool vir 3 jaar.

Hy het deel geword van die mentorskapprogram in die Langkloof nadat sy senior gesterf het. Hy was die enigste Engelse persoon in die klas en het deel van program geword toe die program al ’n end gevorder het.

Tog het hy ingeskakel en die mentorskapproses suksesvol voltooi. Hys vir my ’n inspirasie!!