Goedgedacht Mentee Terugvoering

20170220_151832 (2)Ja, 2016 was vir my ’n moeilike jaar.

In die begin het ek huweliks- probleme ondergaan daarna moes ek man staan om my broer se begrafnis alleen te dek. Dit was was baie moeilik, ek het nie geweet hoe om te cope nie.

Na ek gestuur is om kursusse by Anida Training by te woon het my lewe heeltemal verander. Met Annemarie het ek my menseverhouding verbeter. Ek het so baie geleer dat ek my huwelik kon gered het. Daarna is ek op ’n Basiese Bestuurskursus gestuur waar ek geleer het hoe om met geld te werk so verbeter dat ek my huis kon aangebou het.

Die hele ding het begin om alles wat oorgebly het as ek klaar kos gekoop het, als in ’n bottle te gooi en sodoende te spaar. Ek kon gemaklikheid skep vir my gesin en ’n beter leefstyl.

Ek is baie trots op Anida Training.