TERUGVOERING WAT ONS TROTS MAAK

COACHING EN MENTORSKAP
VAN LOVEREN: VINOPOLY

LEERDER: RIEHAN MARAIS

Die tyd saam met Anida het letterlik ‘n omkeer in my loopbaan as botteleringsbestuurder gemaak.

Het geleer van Benuttingsteorie en Verhoudingsteorie.  Ek het geleer dat elke mens uniek is en gerespekteer wil word, of jy nou die ou is wat store skoonmaak of die hoogste posisie in die maatskappy beklee. Ek het baie geleer hoe om mense trots te maak en eienaarskap te gee op die werk wat hulle doen.   Dit het gelei tot groter produktiwiteit en gehalteprodukte.  In die verlede wou ek alles self doen, wat ek nou sien, dit was onmoontlik.

Ek het nou leer bestuur deur lynbestuurders wat eieinaarskap aanvaar het van hulle werk op die lyne.  Hulle werk 100% van hulle jobkaarte af en hulle beheer hulle span. QC’s is in plek gestel om te verseker dat alle vereistes van produkte in plek is. Herwerk is nie meer ‘n problem nie, daar word ‘n tydsduur gegee vir herwerk. Hulle werk teen tyd, geen rondsittery en geselsery nie.  Dit is nou lekker om na ‘n vergadering te gaan met die wete dat mense bevoeg en gewillig is om op hulle eie aan te gaan.  Werk is op standaard as jy terugkeer, geen probleme wat hulle nie self kon oplos nie.

Ek kan met trots sê dat as gevolg van hierdie kurssus saam met Anida kan ek eendag as ek aftree, ‘n sterk werksmag nalaat wat presies weet hoe om die produksie van die maatskappy reg te doen volgens standaarde.

My opvolger sal nie eendag sukkel nie, danksy Anida.

Baie dankie, Anida.

COACHING EN MENTORSKAP
DASBERG: GRONDHERVORMINGS PROJEK

LEERDER: GERSHWIN BURTON

Dit was vir my ’n voorreg om iemand nuuts te leer ken dadelik ook gemaklik te laat voel as ons by mekaar is.  Ek kon myself wees en kon my opinie gee in alle gesprekke tydends ons sessies.  Dit het my kennis verder verbreed in die lewe en kan ek enige situasie hanteer met Geduld en kalmte.  Dit was een van my skwakpunte, maar ek hanteer alles beter en kan my kennis gebruik op alle aspekte van ons besigheid.

Wat ek geleer het ook, is dat kommunikasie een van die grootste eienskappe in ’n besigheid is en die manier hoe jy as person dit oordra aan jou mense is belangrik.  Dit het my gehelp om my mense verhouding beter te bou met my mede werkers en kollegas.  Ek het goed gevoel oor myself en kon gesels oor enige iets en wat my onder kry.  Dan het Anida weer vir my moed in gepraat.

Baie dankie vir die geleentheid wat aan ons gebied is om so goeie kursus te kon doen end at dit vir ons as aandeelhouers dit makliker maak in die besigheid.  Ons verstaan beter hoe dinge werk en kan ’n bydrae lewer al is dit klein, maar ons kry die

geleentdheid om dit te doen.  Dankie vir al die opofferings en vir die vêr ry om ons te leer en vir ons ’n beter toekoms te gee met die opleiding ons kennis te verbreed.

Sterkte vorentoe met alles en weereens baie dankie.

‘GOD IS ALWAYS ON TIME’